Thursday, June 4, 2009

The Journey Begins




All our dreams can come true, if we have the courage to pursue them. -Walt Disney-

Hierdie is dan die begin. Vir die wat nie weet nie, dis nou die begin van my en Duane se 3.5 maande avontuur op ons ysterperde. Ons beplan om die 16de Junie te vertrek en ‘n lus oor die Afrika kontinent deur Botswana, Zambia, Wes Tanzania, Rwanda, Uganda, Kenya, Ethiopie, weer Kenya, oos Tanzanie en Mosambiek te doen.

Hoekom? My beste antwoord is: ‘want ons kan’. Daar is niks wat ons keer nie, so hoekom nie? ‘Nou of nooit’, ‘midlife crises’, ‘avontuurlustig’… is die krete wat ek weergee, maar dalk is dit ook meer as dit, ek weet nie. Hoekom sal mens jouself ontwortel vir rondswerf? Die antwoord ontwyk my, maar ek hou van ‘want ons kan’, al is dit effe Obama agtig. Ek kan wel se dat die motorfiets avontuur wel ‘n droom is van ons wat ons nou gaan verwesenlik. Dit was gedeeltelik geinspireer deur die fliek motorcycle diaries… as jy dit nog nie gekyk het nie, maak ‘n plan!

Net prĂȘt? Ons gaan wel nie net speel nie, en het ‘n hele klomp mense gekontak wie my en Duane se ouers ken. As deel van die ervaring sou ons graag die ‘local’ mense persoonlik wil ervaar en ook sien waarmee mense in Afrika besig is. Ons albei se droom is om nog betrokke te raak en ‘n bydra te lewer, maak nie saak hoe klein nie.

Oor die blog… Vele het gevra dat hulle wil ‘track’ hou met die motorfiets toer en al die gebeure. Ander wat ons in die wereld in gebring het, en nog ander wat ons baie lief het (nieuitsluitend die wat ons die wereld ingebring het nie), is werklik bekommerd. So ons skryf dus vir julle; vriende, ma’s en familie. Dan skryf mens seker ook vir mens self. ‘n Dagboek of so iets. Maar ‘n troetel dagboek naampie soos ‘Little kitty’ is onaanvaarbaar. Ons is immers ouens – nee mans! – op bikes, menende tough ens… Kom ons noem dit eerder niks en kyk wat word dit. Ons sal ‘dit’ dan ook so gereeld as moontlik doen, waar moontlik. We shall also mix our tales, as Duane is for English and me is for Afrikaans. We shall alternate and the updates may be unrelated, so deal with it.

He has the deed half done who has made a beginning. -Horace-

Die voorbereiding… OK, dis nou genoeg vir ‘n inleiding en agtergrond. As ‘n eerste entry tot die dit wil ek gou raak aan ons voorbereidings proses. Baie mense het al so iets aangepak en dus is dit heel doenbaar. Dit beteken wel nie dat dit nie vrek GROOT is vir ons nie! Ons vat albei unpaid leave (yip, baie geseend om dit te kan doen), trek die handrem op en parkeer ons lewens, en klim op onbekende en ongetemde ysterperde. Dit wil se dat nie een van ons nog van te vore bike gery, gefix of iets van geweet het nie!

Dus was alles dusver ‘n goeie leerskool vir ons twee cubicle junkies. Ons moes oplees en rond vra en vir ‘n slag self bietjie hande vuil maak (meisies love mos gries onder die naels!). Dis heeltemal iets anders, fisies, en daarom ook lekker!

Ons het selfs ‘n test-run Sani pas uit gevat. Albei ek en Stav gee toe dat ons meer gekry het as waarvoor ons ‘gebargain’ het! Dit was tegnies moeilik en ons het beide ons valle ingekry. Nie te min, was dit ongelooflik! Ek kan nie die adrenalien gevoel teen die berge uit beskryf nie, maar dit was great! Die Drakensberg landskap, die kameraderie, die opstaan na die val, die Sani pas stempel in die paspoort en die koue bier by die hoogste pub in Afrika is alles saam ‘n wenner kombinasie. Die trippie het my die nodige selfversekering gegee vir wat voorle en was ‘n goeie adrenalien inspuiting vir dit wat nog kom! Flip, ek kan nie wag nie!

Tot met ons vertrek le daar nog ‘n hele paar reelings voor. Dis versekering, visas, spares, tool kits, medikasie en first aid, inentings, kamp gereedskap, op pak en trek, UNISA studies uitsorteer, en nog ‘n paar ander goedjies. En ek love mos admin en is so goed daarmee… My sakke voel verder asof hulle gate in het met al die uitgawes, maar ek glo dit gaan die moeite werd wees! Ek kan nie wag nie!

Ek weet wel alreeds een ding, en dit is dat ek nie so iets alleen sal wil doen nie. ‘n Dag alleen op die fiets Sani pas toe was lank genoeg. Mens moet sulke goed met mense deel en ek is dankbaar vir Duane en dat ek die vooreg het om so iets saam met ‘n goeie vriend te kan doen. Ek is nogal bly dat ek nie soos die outjie van ‘Into the wild’ moes maande swerf, riviere kruis, in Alaska se gebergtes moes invlug, myself vergiftig en, heelaas, doodgaan van die honger om dit te besef nie  Ek is seker ek en Duane gaan nog diep bande bou.

Nou ja, dis dan al vir eers. Ons sal weer skryf.

Die ysterperd soldate

1 comment:

  1. Wow! This is really, really, really exciting! What bikes have you guys got there? Make a pass through Cape Town on the way back and maybe by that stage i'll have mine :D All the best with the preparation. i'm *so* looking forward to the updates from you!

    ReplyDelete