Friday, July 3, 2009
Van Mazabuka tot Kigali, Rwanda
Aangesien die ervaring meer persoonlik is, en gevoel en emosie belangrik is met die weergee, gaan ek en Duane eerder apart updates maak. Anders word dit effe maklik ‘n emosielose roete oordra aksie, waarvoor ek minder lus is. So, eerder, sal elke ysterperd soldaat net ‘n kort ‘executive update’ van persoonlike hoogtepunte meedeel. Hier volg myne:
Status – vir albei van ons:
- Valle = 5, 3-2 met Stav wat voorloop (sand is ‘n euwel, maar gelukkig lig daarvan afgekom)
- Km afgele = +/- 4500
- Tyd spandeer op die ysterperde = 72 uur
- Tyd spandeer by grensposte = 15 uur
- Siektes en kwale = geen (‘n paar muskiete het ons al bygekom, maar ons vertrou die outjies was onbesmet en andersins dat die teenmiddels effektief is)
- Huidige posisie: Kigali, Rwanda (2 Julie)
- Volgende bestemming: Uganda (wil omtrent 10 dae hier spandeer en op die nyl river raft, ‘n park besoek en op ‘n safari boottrip gaan, moontlik chimps gaan soek ens)
- Vel begin die Afrika son absorbeer en begin ‘n mooi tan vang
Ons het nogal vinnig deur die res van Zambie beweeg. Twee mooi plekke oornag – ‘n privaat park in die middel van nerens en by ‘n verlate resort op lake Tanyanika wat baie mooi was. Tot en met Tanyanika was die pad nog redelik teer (vol gate, maar teer nietemin), maar die pad op teen die weste van Tanzanie kan werklik bekend staan as die ‘road less travelled by’ – hierdie keer nie deur Frost nie, maar deur die waaghalsige soldate.
Wat kan mens se. Vir 2 manne wat nog eintlik net Sani pas as offroad ervaring het was die 1000km se aanhoudende diepsand, klippe en gate ‘n groot fisiese en sigiese toets. Flip, ek het nie geweet sand is so vrek moeilik op ‘n bike nie! Op hierdie stuk pad swoeg mens heeldag op die fiets aan sowat 200km per dag. Dis belaglik, maar lekker. Dis net jy en die grondpad. 2 van die 4 aande het ons gebushcamp.
Die 1e het die donker ons gevang en het ons moes aanklop by ‘n local boer vir slaapplek. Vrek, die Tanzaniese platteland is vriendelik! Hulle het ons absoluut verwelkom, vir ons tee en brood gegee en ons het die volgende oggend ‘n 2 uur lange begeleide toer van die plaas en al sy werke gekry! Was so great om die trotsheid van die mense se harde hande arbeid te kon ervaar.
Die 2de bushcamp was net so amazing. Ons het letterlik met die bikes die pad verlaat in die bos in. ‘n Hele Afrika landskap was net ons sin! Die watertafel was so hoog dat mens kon grou vir grondwater, wat ons toe gefilter en gebruik het. Het werklik soos ‘n camelman gevoel... vrek cool!
Tans is ons dan in Rwanda. Die land van opeenlopende gras heuwels, die mees digbevolkste land in Afrika met sy 1m posttrauma weeskinders wat die mees onlangste genocide in die geskiedenis se repurkussies ervaar. Tog is die mense vriendelik, die plek ongelooflik skoon en die atmosfeer nie te swaar nie. Ons eet onsself dik aan vars vrugte en was in ons onherkenbare vuil toestand verwelkom deur ‘n engelse gesin waar die oom werk vir ‘n NGO. Was lekker om met die mense te kuier en beter insig oor die land te kry. Die plek klim nogal vinnig in mens se hart in – veral met al die kinders wat so orals is...
Elk geval. Ek kan net se dat alles nog great is, die Kawasakie homself nog mooi gedra en dat my kop lekker besig is met ‘n spul nuwe gedagtes en ervarings. Die Here is goed en seen ons dusver met wonderlike mense... Selfs die tye wat hard is is nog lekker. So, ek kan net se: ma, moenie worry nie!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment