Hi Almal!
Sorrie oor die Afrikaans en die haastige update wat moontlik sonder fotoºs gaan wees (tensy ons dit later byvoeg), maar ding is so effe gejaagd. Nietemin wil ek julle graag so vinnig op hoogte bring...
Eerstens gaan dit nog goed en ons is steeds aan die beweeg Suid, daar waar die huis is. Ek en Duane het die laaste paar dae al begin vir mekaar se dat ons nou maar by die huis kan kom. Ek dink ons is eensgevoel dat ons ongelooflike ervarings gedeel het en dat ons dalk vir versadig is aan paste, noodles, kamp en moontlik self perdry (ek vermoed wel dat laasgenoemde van korteduur is). Ek dink selfs ons twee ysterperde stem saam. Die rygoed het ºn paar skete en gee kreune van ´genoeg gehad´ teen die bulte op. My perd het ºn kroniese water lek op die radiator en Duane sin lek olie vanaf die sprocket seel. So, in kort, is die laaste gedeelte van die missie nou om by die huis te kom, hopelik in een stuk!
Op die oomblik sit ons in Gurue, sowat 2 000 km noord van Maputo, steeds in die middel van nerens.
Soos Duane genoem het, was Zanzibar great! Die turquise blou waters en koraal wit sand skep so romantiese atmosfeer dat ek myself moes keer om nie Duane se hand te gryp nie ;) Elk geval, dit was goed!
Ongelukkig het ek wel ºn parasiet opgetel wat my nagrut op die ferry en die volgende 2 dae se ry minder aangenaam gemaak het. Maar met ºn goeie skop van antibiotika is die outjie ook dood.
Monday, September 14, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment