Almal!
Sjoe, lyk my ons is ook nie so goed met die blog ding soos ons aanvanklik gedink het nie. Nee regtig, ons het probeer, maar party gedeeltes van Afrika is nog donker wat kommunikasie betref!!
Elk geval, julle sal bly wees (die wat omgee, natuurlik) om te hoor dat alles nog goed gaan. Ons lewe, het min beserings, en die bikes se wiele rol ook nog. Die twee ysterperde het ‘n paar skete, maar as ons hulle nie verder verrinneweer nie behoort ons hulle tot by die huis te kan kry, but let me not count my chickens yet!
Tans is ons in Nairobi en het julle ongelukkig ‘n ongelooflike 5 weke van ons trip in Ethiopie misgeloop. Ek weet as te ware nie eers waar om te begin vertel nie. Daar het net te veel al gebeur!! Ons ervarings was regtig ryk gewees en ons prys die Here daarvoor! Hopelik sal ons van nou af vorentoe by internet kan uitkom, so hoop om julle ten minste soortvan op hoogte te bring. So, sien hierdie as fase een van die verlore trip, soos 7de laan net meer spannend, gaan ek met julle gevoelens tooi deur julle in die lug agter te laat tot en met die opvolg
Maar eers, ‘n volledige status update tot en met Nairobi, Kenya:
-Valle = 6 elk! (Blykbaar het ek en Stav nog nie Afrika se sand kon tem nie. Noord Kenya he tons letterlik neergesit! Daar is die sand stof en raak ons ysterperde soos wille bulle wat alles in hul vermoens doen om die ruiters in die stof te laat byt!)
-Punctures: 5 tussen die twee van ons
- Totale Km afgele = +/- 13 000 kms (Offroad = +/- 6 500 kms – helfte, kan julle glo!?)
- Tyd spandeer op die ysterperde = vrek, hierdie is nou moeilik want ons het nie regtig boek gehou nie (ek weet; swak styl Aktuaris!), maar ek kan wel getuig van ilte (spelling??) op my boude as bewys van menigde ure!
- Tyd spandeer by grensposte = 22 uur
- Siektes en kwale = hier en daar ‘n kneusplek of ‘n enjera (Ethiopiese brood) hardlywigheid, maar niks waarvoor die dokter benodig word nie.
- Huidige posisie: Nairobi, hoofstad van Kenya (26 August)
- Volgende bestemming: Mombasa, kom nou kuslangs terug huis toe! Kan nie glo dis al sulke tyd nie – nog net ‘n maand oor!
Episode 1: Uganda tot by Ethiopie
If you're going through hell, keep going. -Winston Churchill-
Ek dink ek het nog laas almal die skruk op die lyf gejaag met stories van die ‘naughty natives’ en die slegte paaie in Noord Kenya. Ek wil net se dat geen van daardie stories oordrewe was nie! In plaas van die slogan “Afrika is nie vir sussies nie”, gaan ek se “Noord Kenya is nie vir sussies nie!”
Dis baie droog en die mense baklei. Hulle is nie vriendelik nie, hoor! Beide ek en Duane moes maar koes vir ‘n paar groot klippe wat ons rigting geslinger is en mense dreig jou selfs met hulle spiese wat hulle in die lug steek… Die pad is ook hard, kliphard!! Dis ook dan op hierdie pad wat 2 uit 3 motorfietsryers dan ook hulle agter shocks se seels blaas ens ens! Die terrein lyk soos die van Mars en die pad is sinkplaat van die duiwel homself (jammer as hierdie bietjie kras vir party mense gestel is, maar dis regtig wat ek gevoel het). OK, ek dink dis grafies genoeg…
Duane se panniers (dis nou die goed aan die kant van die bikes wat ons besittings huisves, dames) het sy chasis (die raamwerk, dames) stukkend geruk, sy taillight het afgeskuk en sy voorlig is ontwortel! So die BMW was ‘n gebroke soldaat! Die Kawa met die sagte sake het gehou. 1 – 0 vir die Kawa!
Elk geval, toe moes die manne maar swys in die middle van nerens. Dit was ‘n belewenis! Gelukkig het ons ‘n kontak (ongelooflike Anglikaanse priester en sy vrou) hier in die middel van nerens gehad! Net daar los ons toe sowat 30kg se goed om die bikes se werk ligter te maak. As jy gedink het jy kan lig pak, dink weer, want op so trip raak minimaal die antwoord! Met my 2 hemde en 4 onderbroeke kom ek al 6 weke!
(Ons het die ekstra begasie nou weer in Nairobi opgetel.)
So het ons dan moeg in Ethiopie aangekom…
Wednesday, August 26, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment