Friday, August 28, 2009

Episode 3: Terug na Nairobi

OK, ek probeer regtig om julle op datum te bring... Hoop julle lees steeds! (Ek breek dit gelukkig mooi op vir die wat stadig lees, so Hennie jy kan ook volg :) )

Vanaf Ethiopie suid le die bandits en wille pad natuurlik weer voor... En, soos ek gese het, heng!, Noord Kenya is nie vir sussies nie! Ons het my ouers in Addis gegroet en met die bikes gediens was ons slaggereed vir die uitmergelende 5 dae rit wat voorgele het na Nairobi toe!

The journey gives meaning to the destination. -Ken Duncun-

Die eerste 2 dae in Ethiopie was fine... Die pad was goed en teen hierdie tyd is ons wel-geoefen om te koes vir mense wat nie kyk nie, donkies, perdekarre, klein indiese Bajaj motorfietsies, honde, kamele, kinders wat ons met klippe gooi, bokke en wat ookal nog ons kant toe mag kom. Ethiopie se paaie is waar alles gebeur, hoor!!

Die grenspos was ook peanuts en toe was dit weer tyd vir die groot manne toets - die ware dirtbike rider gaan nou geskei word van die wat letterlik in die stof gaan byt!



As 'n alternatiewe roete het ons toe meer oos getoer, 'n roete wat blykbaar meer sanderig is met minder sinkplaat. Ook 'n roete wat die voertrokke klaarblyklik aanpak. Wel, dalk sou dit beter gewees het as ons wel by hierdie roete kon gehou het... Pas oor die grens en ons ry verkeerd. Die GPS stuur ons toe amper Somalie toe voordat ons dit agterkom aan die einde van die dag! Ja, julle kan gelukkig wees dat julle nie al julle spaargeld hoef optegeoffer het om my en Stav se ransom vir die Somaliese pirates te betaal nie!! (Want een ding is seker, ou JZ sou dit verseker nie gedoen het nie!)

So, ipv 'n 'sanderige' pad slaan ons toe woestyn stof!! Ek het nog nooit so iet teegekom nie!! Die fietse sak skoon weg en ons moes 'n hele paar keer die ysterperde deurstoot! Van voertrokke was daar ook geen sig nie - ons het heeldag nie 'n enkele voertuig op die pad gekry nie! Eintlik was dit ongelooflik!! Jy, jou bike, jou boesem pel en stof!!


Hier is dit dan ook werklik die eerste keer waar ek gevoel het dat my ysterperd effe onbeheerbaar raak - die wille ding het my 4 keer soos 'n vrot vel laat trek!! Kyk, ek is 'n swemmer, maar stofduik is 'n ander tipe skill! (Die foto is na 'n groot duikslag met rooi stof orals!!) Ek kan ook nou se dat die bike 'n ware enduro bike is wat hier en daar deur goeie ou cable ties bymekaar gehou word...


There is more to life than increasing its speed. -Mahatma Gandi-

Ons het nie minder as 3 dae langs die Somaliese grens afgery nie. Die 2 nagte was beide bushcamps in die middel van nerens met amper te min water vir drink. Vuilslaap het 'n ander betekenis gekry! Maar, tenspyte van al die harde bene wat ons gekou het, is ons veilig daar deur met semi-heel bikes en was dit niks minder as ongelooflik nie!! 'n Onvergeetlike ervaring en herinnering en toets van karakter!


Dit bring ons dan tot by Nairobi, wat sowat 4 dae gelede is. En ons is nogsteeds hier. Ons bly by 'n overland kamp waar 'n duitser om goed ingerig het om gebroke ysterperde soos ons sin te ontvang... Ons wag steeds vir Stav se BMTrouble You om ontslaan te word uit die hospitaal voor ons die tropiese ooskus pak! (Ek wil ook net se dat ons nogal baie leer van ons rygoed - ek dink nie meer 'n tapid is 'n zef, greasy, parrow-arrow china met dropped suspension en blou ligte onder sy ryding met die spinners op in die kaap of vir die selfde geld in Voortrekkerweg, pta, nie. Die goed is alles deel van enjins...)

Nou ja, vriende, laat ek groet. Hoop dit gaan goed en mis julle klomp ook so tussen deur die avonture.

Jo(wyk)

1 comment:

  1. HAllo! sjo, avontuur en 'n ton half!! jo, jowyk, dit klink rof!! maar ook super lekker!! Julle al weer amper terug!?

    ReplyDelete