The man who has no imagination has no wings. -Muhammad Ali-
Ethiopie is verseker nie die land van droogte wat jy dalk ingedagte het nie. Eerder een van reen en berge en enjera!!

Eers het ons ‘n week vir vriende van Global challenge in die suide van Ethiopie gejoin vir ‘n uitreik in Jinka. Dis in die lower Omo valley en het van die mees interessante tribes in Afrika. Mense wat hulle lippe sny om borde in te sit en kaal oor beeste spring as deel van huwelik seremonies! Elk geval, dit was so lekker om die groep van 5 hier te join en net goeie fellowship te he en vriende te maak! Die Afrika challenge groep toer al die hele jaar met local transport deur Afrika en was reeds in wes Afrika. Hardcore, ek se julle!!! Hierdie mense is hardcore en heavy cool!!

Ethiopie was dan ook die 1e plek waar ons ander ware ysterperd soldate ontmoet het!! Martin is seker nou my grootste hero!! Hy toer al vir 6 jaar op sy Africa Twin (blykbaar die fiets om te he) om die wereld! In Nairobi, by 'n biking packpackers het ons op hierdie foto van hom afgekom... Ek kan net se dat ek hierdie legende ontmoet het en dat hy vir my biking raad gegee het... :)
Van hier is ons na Addis Ababa om met ons Noordelik Historical lope van 2 weke te begin. En vanaf Addis is dit net berge!! Addis self is soos die 2de hoogste groot stad in die wereld of iets en is 2500m bo seespiel (ek moet wel nog hierdie feit google, maar die mense claim dit!).
Dis dan waar ons die wereld van oerkastele, konings, monarchie en die koptiese kerk binnegegaan het! Ethiopie het van die oudste Christen geskiedenis in die wereld en die mense is baie gelowig en committed. Dit was iets om te beleef!
The most beautiful thing we can experience is the mysterious. -Albert Einstein-

Ek en Stav is toe deur nog ‘n mannetoets in die Simien gebergtes. In die piek van hul reenseisoen is die twee van ons met ons scout met sy AK47 met die bikes die berge in! Hier het 3 dae se uber harde stapwerk teen 4000m bo seespieel vir ons voorgele! Dit was hard, maar elke uitsig het dit die moeite werd gemaak!! Dis net so ongelooflik mooi daar! Ons was ook gelukkig om van hul skaarste inheemse gediertes hier teetekom – wow, dit was spesiaal!

Lalibela was nog ‘n hoogtepunt!!! 1100 jaar oue kerke uit soliede rots gegiet!! Die koning van die tyd wou ‘n 2de Jerusalem bou! Dit was ongelooflik om te beleef en die kerke word steeds deur die mense daar gebruik om by te aanbid!

Laastens was ons gelukkig genoeg om my ouers vir so 4 dae in Addis te kon ontmoet na die lope. Sjoe, dit was so lekker om hulle te kon sien en die stories te kon deel!! Hier is die fietse ook dan vir oulaas gediens voor die lang pad terug na Nairobi…
Episode 3: Die lang pad terug na Nairobi…. (ek gaan julle maar so effe dan in suspense hou vir die ons 2de tog deur Noord Kenya…)
No comments:
Post a Comment